Thursday, August 9, 2007

Belê in mense

Hallo almal,


Toe ek 5 jaar gelede hier gekom het, was een van die moeilikste dinge vir my om skielik binneshuis te wees. Ek het in Junie hier aangeland, vol somer geslaan en baie gou besef ek kan nie buite leef soos ons gewoond is om in Suid Afrika te doen nie. Nie in die somer nie.... Die enigste ding wat ek kon doen, was om so gou moontlik vir my plante te gaan koop.Ek kan lang stories oor my plante vertel, maar die mooiste van almal was 'n "weeping union". Almal het opmerkings gemaak oor hom. Toe begin die katte sy blare eet.... verlede jaar Desember, het ek besluit om die plant in "pleegsorg" te plaas omdat hy so mishandel word. So sit ek hom buite op die balkonnetjietjie...tjie... wat ek daarmee wil sê is dat ek nou nie eintlik op my stukkie balkon kan kuier nie.... toe vergeet ek van hom.


Ek onthou nou die dag met 'n skok van my plant en kyk net hoe lyk hy nou!!!!!






Die res van my plante lyk nie so nie... sien?

Dit het my laat dink aan so baie Suid Afrikaners wat nou oral oorsee is en die enigste manier waarop ons met ons mense en geliefdes en vriende kan kontak hou, is met email en sms en nou ook hierdie wonderlike blog ding. Soos ek met my plant gedoen het, raak ons mense wat hulle families verlaat soms vergete en dan gebeur hierdie ding wat met my plant gebeur het, met ons binnestes. Ons raak net belangrik vir onsself en vergeet dat sonder water (kontak) gaan die verhouding dood al is ons hoe lief vir die plant (persoon). Soms hoef mens nie eers in die buiteland te wees nie. Mense woon in dieselfde stad en maak nie kontak met mekaar nie. Ek het nou die ander dag met 'n pa gepraat wat sê sy seun het tweejaar laas met hom gepraat....


Ek lees vanoggend hierdie stukkie waarheid raak. Dis deur Rick Warren geskryf:



"You’ve probably heard the expression -- “You can’t take it with you”—but the Bible says you can send it on ahead, by investing in people! The Bible teaches, “By doing this they will be storing up real treasure for themselves in heaven—it is the only safe investment for eternity! And they will be living a fruitful Christian life down here as well.” (1 Timothy 6:19, LB)


Ek weet nie of julle dit raaklees nie... maar ek sien as ons in mekaar belê maak ons vir ons 'n skat in die Hemel bymekaar...






Terwyl die mail nou so op 'n ernstige trant is, sluit ek 'n paar foto's in van die baie geharde palms wat nou 'n knou kry in die ongelooflike hitte wat ons hier beleef. Dit herhinner my aan die swaar wat ook soms sy merk op ons los.
En toe sien ek hierdie bome raak... die blare is, anders as wat mens van plante wat hier in die woestyn oorleef verwag, nie hard en grof nie, maar wonderlik sag. Mens kry sulke mense ook... Watter storie sou mens oor hulle kon vertel?


My "weeping union" is nou in intensiewe sorg. Ek sal julle op hoogte hou van sy vordering. Dalk sal hy met die ekstra kontak en liefde dit tog maak.


Wees goed vir mekaar en moenie kontak "lig" ag nie.

2 comments:

Anonymous said...

Is dit nie die plant se tweede keer in terapie nie? Wys jou net mens kan so gou weer "vergeet" van aandag gee ne.

Anonymous said...

Hi Sus
Baie dankie vir die "aandag" en die gesels. Waardeer jou baie, en is baie lief vir jou al is jy so ver.