
Die paleis is nou iets van die verlede, maar hier neem Wiehann foto's van Abu Dhabi mall. Dis nuut... die mall is sowat 5 jaar oud.
Die foto's wat Wiehann neem is van die straatkant maar aan die seekant van die mall het mens die pragtigste uitsig oor die swembad en strand van die Beach Rotana Hotel wat aaneen loop met die mall. Mens moet "ongelukkig" by 'n restaurant gaan sit om foto's te neem van hierdie wonderlike uitsig. Soos die goue koek by die Emirates Palace, moet mens so af en toe gaan cinnabons eet. Dis soos iemand eenkeer gesê het... "evil", maar o so lekker!!
Ek en Sandra deel 'n minibon. Dit bly ongeveer drie maande op mens se heupe. Ek het vir die res van die dag water gedrink om die soet af en deurgesluk te kry, maar dis 'n groot MOET proe.
Nog 'n ou plek waar ek en die seuns graag kuier, is die Al Dhafra restaurant.
Die foto van Wiehann is binne die restaurant geneem. Kyk die kenmerkende palmblaarmure. Die kos is heerlik en ek en Wiehnn kan ook sê moenie die kwartels eet nie en hou verby die oranje stuff op die poeding tafel, maar die Uhm Ali is HEERLIK. Dis 'n Arabiese brood poeding en al eet ek net 'n teelepel vol, skip ek dit nooit.
Toe ek 50 geword het, is hierdie ou foto van my en Riza en Wiehann geneem. Kyk hoe lyk dieselfde hoekie in die sitkamer nou.
Ek het die nuwe foto gisteraand geneem. Ek kan nie glo hoe baie die plant gegroei het in die twee jaar nie. Een van die dae sal ek van Vicky hulle se "duin in die huis" moet gaan haal om my "boom" te plant.


4 comments:
Hi mam, was lekker om weer te sien hoe dit lyk daar. Ek mis mam vreeslik, en ek is baie lief vir mam.
Maat jy vertel dan nie vir jou mense hoe jy die bord uitlek nie?
Tannie sal maar a foto van die "aflek" van die bord moet opsit! En ek is bly jy het nou a foto van my ma opgesit.(Dis omtrent tyd, want sy sal dit nooit self doen nie!)
Hallo julle twee...
Nee maat, ek hoef nie my eie skande foto's op die blog te pos nie want jy sorg mos mooi daarvoor. Onthou net... 'n foto vir 'n foto.
Nelmari, ek het gelukkig nie die "bord uitlek" foto nie, maar ons sal sorg dat ons gereeld foto's van jou ma opsit.
Post a Comment