Niel in sy toga met Klapperkop en die Voortrekkermonument op die agtergrond
Wiehann in 'n "ernstige" luim omdat sy broer aanhou foto's neem
Elriza Sondagoggend voor kerk op 'n lieflike Herfsdag.
Die vier van ons
My Bybelvers en gedagtes
Ons sing die pragtige lied : "The joy of the Lord is my strength" (en dit kom uit Nehemia 8:10) maar as iemand my sou vra wat presies bedoel ek daarmee, sou ek dalk nie heeltemal reg geantwoord het nie en toe gaan lees ek weer oor vreugde. Kyk ek weet vreugde ontketen wonderlike chemiese reaksies in ons lywe en die endorfiene werk genesend op ons in ... stil ons pyn. Mens het genesing nodig wanneer jy siek is en pynstillers wanneer jy pyn het, so dit verduidelik vir my dat vreugde goed is alle tye, maar veral wanneer ons deur moeilike gaan. Dis wat dit moeilik maak vir my ...hoe is mens bly as jy emosioneel stukkend is of glad nie die onredelikheid van die lewe verstaan nie? Soos ek deur Nehemia lees sien ek hoe bely hy die volk se sondes voor God. In kort kom dit daarop neer dat God sleg met goed antwoord ... regtig. As ons koppig is, vergewe Hy uit lankmoedige barmhartigheid, as ons vermetel en ongehoorsaam is, is Hy geduldig. Hy is regverdig met alles wat oor ons kom, want as ons verkeerd doen, doen Hy reg. Ek sien hoe Nehemia homself en die volk is sy gebed herinner aan God se weldade en wonders. Hy eer God se goedheid en getrouheid, Sy almag en ontsag.
Hy lees vir die volk die Wet ... die hele dag lank ... en verduidelik vir hulle wat hy lees en die volk huil. Toe hy klaar is se hy vir hulle, gaan vier nou fees en wees bly, want die vreugde van die Here is ons sterkte ... want nou verstaan julleSy woorde ... en skielik gaan daar vir my 'n lig op. As ek seer en stukkend is en regtig die endorfiene die nodigste het, is die verstaan van God se Woord die rede vir my vreugde en die genesing vir my seer. Het ek nie net nou die dag in die koerant gelees van die jong vrou wat dae na die afgryslike aardbewing in Haiti gered is en vertel het hoe sy in haar nood Psalms en dele uit die Woord gebid het en haar krag daaruit geput het nie? So nou weet ek dat ek vol vreugde en blydskap elke onmoontlike berg in my lewe kan aandurf omdat ek my krag put uit die vreugde dat ek weet wie my God is omdat ek Hom ken uit Sy Woord. Hy is Skepper God, Almagtige Heer en Liefdevolle Vader.
1 comment:
Dis met groot liefde Oubaas... dankie vir jou. Jou sus
Post a Comment