Baie dankie vir die foto's wat ek uiteindelik gekry het seunskind. Ek deel dit graag met almal. Niël sê hy wag nog vir die uitslae, maar Unisa het hom gebel en aangebied om een van sy werke vir hulle kunsversameling te koop. Baie geluk Niël. Ek hoop nie dis dieselfde stuk wat Riza gevra het vir die kerk se jeuglokaal nie. :-)
Ek is so bly die baie broos patroon het gehou en gehang!!
Ek bel toe vir Niël en vra wat beteken al die werke en hy stuur vir my 'n verduideliking maar Ek kan nie die goed oopkry nie. Nou gee ek terugvoer soos ek by Niël gehoor het en as dit verkeerd is seunskind, kan jy op die blog vir almal reghelp.

So leef ons in 'n land vol geweld... die stuk met die pistool.. en dis ook die stuk wat die kunsgallery by Niël wil koop. Dis alles so waar Niël en ek is beïndruk, maar ons kan vashou aan die wete dat wanneer ons Jesus Koning maak van ons lewens, maak Hy alles nuut en dan maak die dinge om ons nie saak nie. Hy sê ons sal moeilikheid hê in die wêreld, maar om nie te kommer nie, want Hy het die wêreld oorwin.
Die tema is kamofleur, maar dit gaan oor dinge wat deel is van almal en wat of in die ouerhuis (daarom die muurpapier) deel van ons gemaak word, of vanuit ons se direkte omgewing... die land. Die bottels bevat "ingelegte" handtekens... Dit verteenwoordig Jesus, vriendskappe en ander dinge wat ek nie kan onthou nie. Ons leef lewens en mense sien uiterlik die tien persent van hoe ons reageer en optree, maar 90 persent is onder die oppervlak onlosmaaklik deel van wie ons is.


3 comments:
hey mam, dit lyk great en dit was so 'n mission om dit gehang te kry. ek is lief vir mam. en ek is trots op my ouboet. Riza
Ek is trots op julle altwee. Lees hoe hoog Niël jou hulp en ondersteuning ag op sy kommentaar op die vorige kuns blog Meis. Jy is baie kosbaar.
Sus- dis baie impressive. Jy kan opreg trots wees. Dit het baie vasbyt gekos.. Baie geluk Niel!
Post a Comment