Wednesday, December 26, 2007

Niël is hier!!!

Ek het Niël gister op die lughawe gaan haal en die vliegtuig was nie te laat nie. Niël was maar taamlik vodde en het net gebad en toe gesê ons moet maar gaan inkopies doen en speel, want as hy aan die slaap raak kry ek hom nie weer wakker nie. So is ons twee Al Whada mall toe. Riza, die mall is nou so mooi, dalk sal hy Marina mall nou top in jou aansien. En Wiehann, jy moet kom kyk.
Elke mall het nou een van hierdie reuse kersbome. Niël is verdwerg aan die onderpunt van die boom... kyk mooi.
By een van die "allerhande stuff" winkels, staan hierdie ou butler. Niël haal 'n brosjure uit die skinkbord en die butler begin so bewe... hy sit toe sommer die brosjure weer terug... ek het so gelag.
Ons het bietjie kersinkopies gedoen en toe huis toe gekom en terwyl Niël geskenke toedraai, het ek aandete gemaak.


Ons het by Sandra se huis Nativity story gaan kyk. Dis 'n wonderlike fliek wat oukersaand baie spesiaal gemaak het. Marine en Emily was ook by ons en die klein meis het soos altyd, vir groot pret gesorg. Welkom seunskind! Dis lekker om jou hier te hê.

No comments: