Tuesday, December 4, 2007

Ou vriende

Nuwe vriende is silwer en oues goud... so sê die gesegde en dis so waar.Na vyf jaar kon ek weer heerlik saam met Neels en Jandre en kinders kuier. Wiehann het skaaptjops en varkribbetjie en wors gebraai vir ons en met mengelsaai en vrugteslaai en PAP en sous, was dit 'n heerlike SA kuier. Ons kan vrugeslaai maak hier, maar dis baie duur en dan smaak die mangos nie soos die wat van Natal of Nelspruit af kom nie. Ek koop eendag 'n piesang met 'n skil so taai mens moet dit omtrent afbytel... en toe is die piesang hard en frank... galbitter, net om uit te vind dis 'n Indiese piesang wat eintlik gebak moet word. 'n Ander dag het ek vir 'n appel uit die USA Dhs 6 betaal... een appel!! Dis so R11. Selfs groente is duur in die land. Dit hang af of mens "local" groentes koop, of groente uit Indië, of Holland, of USA of Lebanon of Suid Afrika. Soms, net soms... kry mens selfs gem sqaush.
Baie dankie Neels en Jandre vir die pyn en frustrasie van die hoofweg tussen Pretoria en Johannesburg aanpak vir die heerlike kuier. Ons het gesels asof daar geen tyd verloop het tussenin nie.

No comments: