Saturday, December 8, 2007

Kersfees kom

In die land kom Kersfees ook en so met die eerste oogopslag lyk dit dieselfde. Die winkels is vol kersversierings en mens kan kersbome en kerskaartjies koop en alles.


Die verskil is dat die boodskap in die versierings en die kerskaartjies nie Jesus is nie, maar Santa Claus.
Die strate en geboue is pragtig versier,

maar dit is vir die land se nasionale dag op 2 Desember, nie kersfees nie...
maar dit is nogtans so feestelik.

Die kindergroep by ECC sluit af, nie omdat die kinders se jaar verby is nie, maar omdat hulle begin eksamen skryf. Elize Kruis het vir ons handwerk kom doen en as jy terug dink na lank lank lank gelede Niël, toe ek en jy ons eerste groot provinsiekamp saamgedoen het en jy handwerk gedoen het, sal jy onthou dat die tannie dit vir jou aangebied het.

Ons het die aand so geniet. Nou het ek ook 'n kerskous... nog nooit een gehad nie.

Ons berei voor vir 'n Internasionale kerssangdiens by ECC

en ja, in Suid Afrika het ons ook kerssangdiens gehad, maar hier trek Suid Afrikaners en vriende saam want ons families sit baie ver en ons gaan nie na die familie toe nie, want kersfees is nie vakansie nie. Inteendeel, alles in die land tel nou eers spoed op. Baie van ons, ek ook, sien darem met groot verwagting uit na kuiers van familie van die huis af.

Ons vier kersfees en ons toets ons harte vir die ware boodskap van kersfees.

2 comments:

Anonymous said...

uhmm...Sus. Regtig baie mooi. Defenitief nie Eskom wat hulle krag voorsien nie!Onsword gevra om nie Kersliggies op te sit nie. Kan jy glo? baie groete

Anonymous said...

Ja dis maar sleg, ons moet dalk teruggaan na straatlampe wat elke aand opgesteek moet word en kerslig in die huise. Hoe kan dit wees vir die feesseisoen?!/ Wens julle kon ook hier wees en hoe lyk dit met Alessia foto'tjies..:-)