Mens sou dink dat dit 'n goed genoeg verskoning is om nie pogings aan te wend om tuin te maak waar daar net rotse en klip is nie, en meer nog, waar die temperature maklik bo 50grade C klim in die somer ... maar nie in Al Ain op Jebel Hafeet nie. Die ou Sheikh het net eendag gesê hy wil gras hê en die mense moes plan sien. Die eerste foto is hoe die berg lyk
en die tweede foto is van 'n deel waar hulle begin het om gras te plant.
Vicky en Greg hoe gaan dit met julle grasplantery?Mense sou ook as geldige verskoning kon gebruik dat dit VREESLIK warm is en daar geen parkering by die Moskee is nie en dit heeltemal onmoontlik is om te gaan bid, maar in die land is daardie verskoning onder die mat ingevee. Mens val behoorlik oor die Moskees. Ek wens ek kan vir julle uitvind hoeveel Moskees daar in die UAE is en ek dink ons ore sal toeslaan. Net in die blok waar ek bly is daar vier waarvan ek weet, want nou die dag toe ons in een van die klein straatjies ry opsoek na Ramadan tente vir foto's, het ons klein Moskeetjies agter mure sien wegkruip. Bid sal hierdie mense bid!!! Geen verskonings.
in die oase in Al Ain
op dieselfde pad tussen Fudjeirah is daar 'n kleintjie en 'n grote
die kleinste oudste enetjie in Fudjeirah
Die een in Dibba
As jy drome het, kan dit waar word, mits dit ook Vader se plan vir jou lewe is. Niks is onmootlik nie... glo my. Ek sien dit elke dag in die land om my. Dis genoeg om mens jou verskonings te laat sluk. Of hoe?
Lief julle




























