Baie geluk met jou verjaarsdag my seunskind. Ek hoop dis 'n wonderlike dag en baie besondere en mooi jaar vir jou. Vader se rykste seen op jou spesiale dag. Ons dink aan jou.
Baie liefde
Mam en Riza
Elma stuur die mooi foto van Amica, Ilke en Xenia an kyk net hoe groot word Xeni. Sy kruip en begin praat. Voeltjies is tjies-ties en sy kan Tikkie se... dis die groot hond se naam. Sy se ook Dadda.. En het sy nie die mooiste twee ousussies nie. Elma se die oumading is WONDERLIK... ek glo haar en ek is so jaloers.
Die rit op die bootjie in die tenk was 'n onbeskryflike ervaring. Ek weet nie of die Dolfyne kan lees en elke keer nr een vang nie, maar ek was so gebless dat dit die keer my beurt was. Ek sal weer en weer na die dolfyne gaan kyk... en almal vir wie ek lief is saamsleep om die groot vreugde te deel... soos ek altyd die dieretuine in Pretoria en Johnnesburg gaan besoek en elke keer geestelik soveel ryker daarvan afkom.
Daar is paar definisies wat verander in die land, onder andere verkeer, chaos en hitte.. maar ons vind die souk en die ou gevoel van wat koop mens en wat los mens kom weer terug. Ek verstom my altyd aan die dinge wat mens skielik so nodig het as mens so deur die tientalle matte-, juwele, klere en antieke winkeltjies dwaal. Daar is pragtige mantels soos die een wat ek by Nepal in die Gobal Village gekoop het en die allermooiste Pashminas... van egte handgeweefde fynste kashmir vir sowat R1700 tot "100% pashmina vir R150... wat dit ookal mag beteken. Die dag as ek R1700 so oor my skouers kan hang sal ek vir julle skryf en het aangekom... of my skip het aangekom... of iets. Dan sal ek ook seker 'n R75,000 se "sy op sy 800 knoop" Persiese mat uit Iran kan koop, of R30,000 vir 'n Kelim uit Marokko kan betaal.
Mens wil eintlik ook nie op die matte loop nie. Dan sê my kop vir my ... waarvoor wil jy dan soveel vir 'n mat betaal. Dan gaan ek huis toe met 'n Indies geborduurde katoen top vir minder as Dhs 100 en ses pragtige sygeborduurde, baie bont coasters teen Dhs10 stuk en ek voel soooo ryk. Mens kan met die oë koop en voel asof mens 'n huis vol Persiese matte het weet ek nou.