Die kinders staan tou om in die bome te klim... ons bly maar Suid Afrikaners nê.. ek onthou hoe baie ek van boomklim gehou het en hoe besitlik ek was oor my plek in die boom.
Showing posts with label kindergroep. Show all posts
Showing posts with label kindergroep. Show all posts
Tuesday, June 10, 2008
Die kindergroep sluit af
Die tyd van die jaar in die land is die einde van die skooljaar en eksamentyd. Tyd vir afsluit met die kindergroep... vir drie maande se somervakansie.... en elke jaar die tyd dink ek hoe gelukkig ek is dat ek nooit in die posisie was om kinders vir drie maande lank besig te hou by die huis nie... drie weke het te lank en duur geraak. Dis al baie warm hier... selfs wanneer die son onder is. Om julle 'n idee te gee, die weervoorspelling sê "minimum van 30 en maksimum van 44/45 " . Ons besluit nogtans op 'n piekniek vir die kinders en ek neem sommer vir Taffee en Didi saam.
Die twee manne laat toe dat die kinders hulle vashou en so aan, maar as hulle hulle neersit, dan is dit soos opwen diertjies reguit na my toe. Didi kruip sommer onder my bloes in.
Ek dog die twee sal speel en rondhol, maar hulle is "oumens" hondjies :-) . Nie dat ek omgee nie. Dis tog te lekker dat hulle so baie van my hou.
Die kinders staan tou om in die bome te klim... ons bly maar Suid Afrikaners nê.. ek onthou hoe baie ek van boomklim gehou het en hoe besitlik ek was oor my plek in die boom.
Tot Emma, wat drie is, moet in die boom wees. Henry hou haar vas Sandra neem fotos en mamma Ruanda hou 'n wakende ogie...
Drie van die groep dogters is by my in die groep en hier sit Daleen, wat ook by die Afrikaanse kinderkerk inskakel en by my kitaar neem... arme kind kry regtig 'n oordosis van tannie Charmaine. Sy wys sy het 'n groot blok sjokolade gekry en vertel vir my sy moet dit ook gaan wegsteek, want haar pa is heeltemal te lief vir sjokolade. Die ouers hou saam piekniek. Daleen en Rikus se ouers is onderwysers by Cambridge. Dis die pappa wat so baie van sjokolade hou. Nog 'n Abu Dhabi skooljaar is verby. Dis so voorreg om met hierdie kosbare kinders wat so belangrik is vir God se Koninkryk, te werk.
Die kinders staan tou om in die bome te klim... ons bly maar Suid Afrikaners nê.. ek onthou hoe baie ek van boomklim gehou het en hoe besitlik ek was oor my plek in die boom. Thursday, April 24, 2008
Dag een en twee...
En terwyl ek hier sit en skryf, is ek al besig met dag drie... die tyd gaan so vinnig verby. Dit was so lekker om die kinders weer te sien en met blomme begroet te word. Die ongemaklike sit en kannie slaap op die vliegtuig skoon vergete.
Ons is sommer reguit na Petwings se kantore om vir die hondjies se vlieg te finaliseer en gesien dat hulle nie net hulle eie hokkies kry wat spesiaal vir hulle gemaak word nie, maar dat hulle ook gourmet kosse gevoer word op die vliegtuig.

Betty dra vier of vyf nuwe klein hondjies en dis 'n goeie tyd vir die tieners om uit die huis te kom dat die mamma kan rustig raak voor die kraam. Ons het lekker saam kos gemaak en gekuier en al die honde om ons...
hier sit Jimmy onder my romp en wat julle nie kan sien nie is dat een van die Chihuahuas ook onder die romptent sit. As dag een hoofsaaklik kinders en honde was was dag twee familie en kerk. Riza lei die praise en worship... (foto's volg) Ek is nog nie heeltemal papprazzi... of mammarazzi nie, maar dis spesiaal vir DJ.
Na kerk het ons heerlik gaan eet en kuier by Angela en Hannes se huis. Hannes het die tafelgebed met sms gedoen en ons het die familie in Dubai sommer baie gemis. Hier sit ons aan die tafel voor die ete en Hannes,
die foto van Angela en Alessia is spesiaal vir jou. Ek het vir Roxanne die drukkie van jou gegee sus. Sy mis jou ook baie.

Ek moes opsluit eers saam met die kinders huis toe om met die hondjies te gaan begin bond... so sê my dogter. Hulle was baie vrolik en vol dinge en probeer die kat van die kas af kyk omdat sy daar sit en eet en hulle kan nie bykom nie.
Ek het baie tyd met Alessia spandeer. Sy is agt maande oud en by dierbaar verby.
Sy het haar behoorlik verkyk aan Niël met die kamera en
by Elriza gesit en speel met die hondjie... wat ook soentjies gekry het. Ek praat sommer gou weer... intussen het ek gaan warm skoene koop want to ek vanoggend wakker word was dit 2... ja twee... (2) grade. Jinne wanneer laas het ek so koud gekry.. Ek hou julle op hoogte. Lief julle almal
Saturday, December 8, 2007
Kersfees kom
In die land kom Kersfees ook en so met die eerste oogopslag lyk dit dieselfde.
Die winkels is vol kersversierings en mens kan kersbome en kerskaartjies koop en alles.

Die strate en geboue is pragtig versier,
maar dit is vir die land se nasionale dag op 2 Desember, nie kersfees nie...
maar dit is nogtans so feestelik.
Die kindergroep by ECC sluit af, nie omdat die kinders se jaar verby is nie, maar omdat hulle begin eksamen skryf. Elize Kruis het vir ons handwerk kom doen en as jy terug dink na lank lank lank gelede Niël, toe ek en jy ons eerste groot provinsiekamp saamgedoen het en jy handwerk gedoen het, sal jy onthou dat die tannie dit vir jou aangebied het.
Ons het die aand so geniet. Nou het ek ook 'n kerskous... nog nooit een gehad nie.
Ons berei voor vir 'n Internasionale kerssangdiens by ECC
en ja, in Suid Afrika het ons ook kerssangdiens gehad, maar hier trek Suid Afrikaners en vriende saam want ons families sit baie ver en ons gaan nie na die familie toe nie, want kersfees is nie vakansie nie. Inteendeel, alles in die land tel nou eers spoed op. Baie van ons, ek ook, sien darem met groot verwagting uit na kuiers van familie van die huis af.

Die winkels is vol kersversierings en mens kan kersbome en kerskaartjies koop en alles. 
Die verskil is dat die boodskap in die versierings en die kerskaartjies nie Jesus is nie, maar Santa Claus.
Die strate en geboue is pragtig versier,
maar dit is vir die land se nasionale dag op 2 Desember, nie kersfees nie...
maar dit is nogtans so feestelik.
Die kindergroep by ECC sluit af, nie omdat die kinders se jaar verby is nie, maar omdat hulle begin eksamen skryf. Elize Kruis het vir ons handwerk kom doen en as jy terug dink na lank lank lank gelede Niël, toe ek en jy ons eerste groot provinsiekamp saamgedoen het en jy handwerk gedoen het, sal jy onthou dat die tannie dit vir jou aangebied het.
Ons het die aand so geniet. Nou het ek ook 'n kerskous... nog nooit een gehad nie.
Ons berei voor vir 'n Internasionale kerssangdiens by ECC
en ja, in Suid Afrika het ons ook kerssangdiens gehad, maar hier trek Suid Afrikaners en vriende saam want ons families sit baie ver en ons gaan nie na die familie toe nie, want kersfees is nie vakansie nie. Inteendeel, alles in die land tel nou eers spoed op. Baie van ons, ek ook, sien darem met groot verwagting uit na kuiers van familie van die huis af. 
Ons vier kersfees en ons toets ons harte vir die ware boodskap van kersfees.
Subscribe to:
Posts (Atom)

