
Baie liefde en welkom Xenia
Charmaine

Ek en Lorraine kuier in Batutta mall in "Andalusia" waar dit altyd lyk asog dit aand is. Ek sal foto's wys oor die baie besondere mall op 'n later staduim.
Dankie vir die lekker kuier sus. Ons sien mekaar sommer baie gou weer.
Liefde vir almal
Die twee manne, Steven en David, het vir my die titel "Grandma C" besorg. En ek het sommer nuwe respek gekry vir die twee besige knape en die oënskynlik maklike gebruik van die "swim gear" Wow!! Ek het goed agter gekom dis glad nie so maklik soos dit lyk nie en vir ouens wat nog net halfpad tussen twee en drie is, haal ek my hoed vir julle af.
Spesiaal vir julle twee manne... foto's van Tavid en Lady Beth. Riza vertel dat sy hulle kussing gewas het en siende dat dit nog so bietjie koud is in Johannesburg, het Tavid 'n warm plekkie op Riza se hondjiepantoffel gesoek en natuurlik moes die Lady ook nader skuif vir bietjie hitte. Ek wonder waraom sy haar tongetjie so vir ons uitsteek.
Ek gesels sommer gou weer.
Wel ek het... en ek hoop ek oorleef dit om die storie te vertel, maar soos hulle sê: "Hou die spasie dop." Hannes ek wens jy was hier om te help, maar ook miskien goed want dalk sal jy vir my lag.
Maar so gepraat van dinge wat gaan kom... ons wag ook vir Hannes en Angela se kleinding en intussen het die tante ietsie gekoop om saam te stuur.
Ons het mekaar by Al Raha ontmoet. Die twee van hullle het sit en koffie drink terwyl ek soos 'n wafferse ontdekkings reisiger moes probeer om oor Sheikh Zayed road te kom na waar Al Raha teen die see nestel. Daar is ontsaglike ontwikkeling in die deel van Abu Dhabi aan die gang, maar ek kon nie foto's neem nie ouens.... dis chaos en stowwerig en ek het al gesien hoe gaan draai ek in Dubai om.
Maar ek het uiteindelik my pad gevind en hulle gekry waar hulle naby die harpspeler sit en koffie drink. Dis so heerlik om in hierdie rustige atmosfeer te wees. 
Aandete was baie lekker en ons het die mooiste uitsig oor die swembad en see gehad vanuit die eetkamervenster.

Sean se werk bring hom baie Abu Dhabi toe. Hulle het vir groot besigheid in die Emirates hotel gebly en ek het saam gaan ontbyt eet. Ek kon die mooiste foto' s neem van die "paleis" aan die binne en weer die buitekant. Die tafeltjiesgedek buite op die stoep maar glo my mens kannie daar sit nie. Dis net onmoontlik warm.
Ek het gou saam met Lorraine na haar kamer toe gegaan om my pakkie te gaan haal. Baie dankie vir die Afrikaanse tydskrifte meis. Ek het die kaartjie gelees en ook so gewens jy was binne... maar toe is jy net op foto's. Baie dankie vir die "kontak watertjies"
Lorraine en Sean se kuier is nog nie verby nie. Ek sal nog foto's later wys. Liefde vir eers