Sê die ou wat “clowning” aangebied het vir my oor my poging om vloere te mop soos ‘n “clown”. Toegegee, vloere mop is nie snaaks nie. Ek dink nie dit sal my werk in die Kinderbediening regtig so sleg beïnvloed nie… of hoe?
Hy beduie van ‘n balletjie in elke hand en tel dan een… 
gooi bal nr een ooghoogte met ‘n boog voor jou oë verby… twee… gooi balletjie nr twee ooghoogte met ‘n boog voor jou oë verby
… drie…vang albei balle… 
Ek gooi bal nr een …en my linkerhand los bal nr twee om bal nr een te vang en ek moet buk om bal nr twee op te tel. En weer en weer en weer en….

Die aanbieder sê ek moet by die huis oor die bed oefen dan hoef ek nie so ver te buk om die balle op te tel nie… maar ons moet net oefen… en ek oefen. Ek kom agter my regterhand is nogal oulik, maar my linkerhand het hierdie “vorentoe aangee”.

Op ‘n stadium kyk ek op en sien van die jongmense juggle al met drie balle… wanneer het die aanbieder dit gesê… maar hy kyk so in die rigting van ons ouer mense en sê ons moet maar aanhou oefen met die twee balle… ek het nog bietjie oefening nodig…ok…baie oefening nodig.
Die derde ding… balonne… julle weet daardie dun potlood

balonne wat mens glad nie opgeblaas kry voor ‘n aar in jou kop gebars het en die binnekant van jou mond geskeur het nie. Die aanbieder moes darem die meeste van ons se balonne met so klein pompie kom opblaas… wonder waar koop mens dit..

Toe moet ons ‘n hondjie maak en die ou beduie… en ek maak die draaie maar die oomlik as ek los om die volgende draai te maak… in die ballon praat ek van… dan spring die vorige draai oop… en so raak ek agter. My hond het nie ore nie… of is dit die pote.. ?

nou moet ons ‘n klein balletjie draai aan die anderkant van die ballon wat ons in die ballon indruk en dan binne in afbreek…

ek kry nie eers my vinger uit nie… en ek trek en trek en ek breek die klein balonnetjie af en ‘n stukkie van die hondjie se lyf bars.
Ek is nogal gefassineer dat net so stukkie bars… die res van die ballon is nog ok… maar die periode is verby en die aanbieder gee my sy hondjie… met ‘n meatball in sy magie.. Oulik!!!! Ek weeeet.. (My hondjie is die groene)
As mens die vaardigheid kan bemeester, kan mens vir die kinders wys van hoe Jona eers in die skip
Uiteindelik spoeg die vis Jona uit.
Dan bars mens wettiglik die stukkie ballon waar Jona in is. Ek dink nie “clowining” is een van my vaardighede nie.. Dalk is die aanbieder reg… “it is not funny…”

Die foto is van 'n groep Arabiese jongmense wat die "clowning" kursus kom doen het. Dit bly vir my 'n groot wonder as Arabiere tot bekering kom. Hierdie twee wys die grimering van die "clowns". Soos julle seker weet moet mens ook jou eie "clown" uitdink. Ek wonder hoe ek daarmee sou vaar?
Die beste van die konferensie is dat dit so absoluut Internasionaal is. Luister hierna... dis onder die dak van 'n Switserse vereniging/maatskappy met 'n Franse naam... Le grain de blé, en word gereël vanuit Lebanon deur Arabiere... die aanbieders was meestal van Engeland en Skotland, twee van hulle is in Amerika gebore.
Dis bygewoon deur 250 mense en as julle na die foto's kyk, sal julle sien dat dit lyk of ons iewers in Asië is. Ons was drie Suid Afrikaners en het lekker Afrikaans met mekaar gepraat. Net in ons groep van Abu Dhabi was daar bv Indiërs,Fillipyne, 'n Amerikaner en 'n vrou wat Russies praat. Nie van Rusland nie. Haar naam is Adriana. Van ons drie Suid Afrikaners is een kleurling. Lekkerbont ... en ek het ook agter gekom die Indiërs is uit verskillende klasse. Sommige meer ordentlik as ander... skuus daarvoor.










