Dan begin ek met 'n nuwe Bybelstudie en Anne Graham sê in haar openings gedeelte dat sy so besig geraak het met die dinge van die Here dat sy nie meer tyd gehad het om haar Bybel te lees nie en toe sy uiteindelik daarvoor begin tyd maak, kry sy al die antwoorde op haar vrae. Die Bybelstudie se naam is "Just give me Jesus", en dit is ook die versugting van my hart. In dieselfde week ontvang ons 'n brief van DJ en hy skryf oor die "first spiritual flaw". Ek het sy toestemming om te deel wat hy geskryf het en hoop dat dit vir almal wat die lees, soveel sin sal maak soos vir my. DJ sê dat ons weet God het 'n wonderlike plan vir ons lewens... Jeremia 29:11, maar dan gebeur die volgende; God het ons lief en MENSE het 'n wonderlike plan vir ons lewens. As ons proaktief wil beheer neem oor ons tyd en lewens moet ons eerstens ontslae raak van die "obvious" tydstelers en dan leer om nee te sê vir mense wat ons by te veel goeie dinge wil betrek. Om vir mense te kan nee sê moet ons eers bepaal wat God se prioriteite vir die seisoen van ons lewe waarin ons onsself bevind is. DJ sê: "Good is the worst enemy of God's best" . Dis nodig om nee te sê omdat dit nooit moontlik sal wees om strategies te belê in wat God se beste vir ons lewe is as ons tyd opgeslurp word deur "goeie aktiwiteite, wat selfs ons werk vir die kerk, kan insluit nie.

Ek wil baie graag gaan, maar nie alleen nie en ek vra of Sandra kan saamkom. Dis reg so , sê hulle... hulle neem almal hulle susters en vriendinne saam. Hoe begroot mens vir so troue ouens? en ek vra wat trek mens aan... en die antwoord is "party dress" "shoe lace" bandjies en "slits"... alles is geoorloof. Dis reg so maar ek weet ek is in die moeilikheid want ek besit nie 'n "party dress "nie. En so sak ek en Sandra op die malls toe en SOEK.... Dis nie dat daar nie "party dresses" in die land is nie. Mens kry hulle in die helderste van helder pienk en skreeu blou en giggel groen. Ons loop van winkel tot winkel en soek soos "kraaie vir die blinkgoed"... sê Sandra... Uiteindelik kom ons by 'n winkel met die naam van Aftershock... mens wonder of jy dit moet waag, maar ons is desperaat. Ek sien sagter blou, silwergrys, koperbruin en wow, dit lyk beter... dis eintlik pragtig.. Die top is duurder as wat my hele troue gekos het, maar ek pas aan want ek is desperaat... en dit sit STYF. Ek dink aan Wiehann se opmerking toe hy agt jaar oud was en die Juffrou vir hom 'n klein t hemp bestel vir die revue... Wiehan het so oor sy lyf gevat en gesê " killer t-shirt" Ek vra vir die verkoopdametjietjietjie of daar nie 'n groter nommer is nie en sy sê nee op 'n manier wat sê "gaan soek op 'n ander plek" en ons doen so..
Op die ou end koop ek 'n swart romp en DUUR sykouse. Ai tog, mens moenie die winkels vertrou wat nie pryse op hulle goed het nie... Ek sluk amper my kleintongetjie in toe die verkoopsdame dit lui, maar daar staan ander mense ook so, ek voel nie ek kan vir haar sê sy moet lekker wees as sy dink ek gaan soveel betaal vir sykouse nie... en ek betaal dit...... ek leen op die ou end 'n top en Sandra dra haar swart romp en koop 'n top en so is ons uit ons helder dag klere in ons swart aandklere terwyl die Arabiere uit hulle swart dag klere in hulle helder blink aandklere klim. Ek erken nie die meisies in hulle aandklere nie en my kop werk oortyd om iets bekends aan die gesigte te soek. Die transformasie is ongelooflik. Ek sou so graag vir julle wou foto's neem, maar dis nie geoorloof nie. Ek weet nie hoekom nie, want niemand sal enige iemand op die foto's erken nie. Ek sien hoeveel lyf baie van die Arabiese vrouens wegsteek onder die swart Abajas. Hulle lywe is gegiet in die aandklere... "killer dresses" sou dit raak beskryf. Oor die troue self kan ek net sê dat ek vir BAIE te veel ure na die afgrysklikste musiek geluister het en nes ek dink iets het vreeslik verkeerd gegaan met die cd dan sien ek hoe sing van die mense saam... die musiek klink of iemand in vreeslike pyn verkeer... soos wanneer mens iemand se hand in die kluisdeur toegemaak het. Moet my nie eers vra van die volume nie. Geen vorm van kommunikasie is moontlik nie. En die eetgoed? Baie interessant en 'n aanhoudende stroom. Eers slaaie en hamouse, daar is baie soorte het ek nou agtergekom... en dan soetgoed tussenin, sjokolade, vye met neute, dadels met neute en soet taai bruin stuff met neute. Vrugtesap, zatar tee, chai tee... nee, nie die soort wat ons ken nie, dis swart en soet... en gaskoeldrank en soet tee met melk en safraan, dis baie lekker... en natuurlik Arabiese koffie wat soos medisyne smaak. Dan die hoofgeregte, RYS en vleis.. en neute en noedels en nog RYS. Dan die nageregte, koek en nog sjokolade en daai geel poeding met die soet sousie? Daarna baklava en nog sjokolade.. en toe kom sulke klein koppetjies met geel stuff wat soos dun vla lyk en bruinerige korreltjies wat soos sago lyk en ek proe en dit smaak bietjie soos dun vla en ek drink dit op. Sandra wil nie hare hê nie en ek drink hare ook. Tussen twee snitte musiek vra ek Hessa wat dit is en sy sê dis baie goeie medisyne vir vrugbaarheid en menstruasie en maag en sy wys met sterk handbewegings dat dit ALLES wat verkeerd is in jou liggaam uitwerk buite toe.... oeps. Die bruid kom toe eers twintig oor elf daar aan. Dis eintlik 'n baster fotosessie en dit voel my al seshonderd gaste het saam met haar posseer vir foto's ...
Die bruid sit op haar bankie op die verhoog. Sy is spierwit gegrimeer en kan skaars haar oë oopkry so swaar is haar ooggrimering. As ek nie geweet het wie sy is nie, sou ek haar ook nie herken het nie. Wat sing Randall... witgepoeier en rooi gepaint en kyk hoe lyk sy nou! Tien oor twaalf kom haar bruidegom saam met haar pa en broers en skoonpa en swaers en hy, die bruidegom vryf sy neus teen hare... hulle sê nie 'n woord nie, sit saam op die bankie en toe nog foto's. Uiteindelik kan ons huis toe gaan. Ek is moeg en vol en baie dronk van die oorverdowende musiek.... ek ruik soos wierook en soek water...
Dis nie 'n onbekende ding om te oefen op die maat van Geestelike musiek nie en waarom nie. Sue, wat Keep Fit aangebied het, is oor die sestig en baie besig. Sy het haar lewe lank van sport gehou en dit was vir haar 'n natuurlike uitvloeisel om fiksheid in haar geestelike werk gebruik. Ek moet bysê dat sy predikantsvrou is. Sy vertel hoe sy nie regtig ooit iemand was vir lang afstande nie. Sy beskryf haarself as "having short bursts of energy". Maar Vader weet wat ons kan doen en ook wat ons nodig het om uit ons "nessie" geskop te word om soos jong arende die eerste keer te vlieg, of verder en hoër te vlieg.
So het Hy so drie of vier jaar terug iemand op Sue se pad gestuur wat iemand nodig gehad het om saam met haar die eerste treë op haar Geestelike pad te loop. Sue vertel hoe sy met haar hele hart vir die gebroke vrou gesê het dat sy enige iets saam met haar sal doen... en verwag koffiedrink of miskien stap of selfs draf... om die blok... maar die vrou vra "hardloop saam met my 'n marathon". Ek kan my nogal Sue se dilemma voorstel, maar sy sê dat Vader ons "stretch" vir sy planne. Die konferensie en al die werkswinkels het net weer bewys dat elkeen van ons talente en gawes ontvang het wat die beste werk as ons ons daarby hou. Enige iets is veroorloof as dit ons opbou. 






