Die kinders staan tou om in die bome te klim... ons bly maar Suid Afrikaners nê.. ek onthou hoe baie ek van boomklim gehou het en hoe besitlik ek was oor my plek in die boom. Tuesday, June 10, 2008
Die kindergroep sluit af
Die kinders staan tou om in die bome te klim... ons bly maar Suid Afrikaners nê.. ek onthou hoe baie ek van boomklim gehou het en hoe besitlik ek was oor my plek in die boom. Friday, June 6, 2008
Die hondebabas
Hulle klim "boots and all" in die kosbakkies
en alles is vol kos, voetjies ook. Dan, so vertel Riza, lek hulle die kos van mekaar se gesiggies af.
Ja... ag MOEDER!! Gister vertel Riza my hulle lyk nou soos regte hondjies.Wednesday, June 4, 2008
Interessante Vrydag
Dis 'n nuwe aantrekliheid wat onmiddelik baie besoekers trek en die gebrek aan foto's oor die gebeurlikheid het 'n baie goeie rede... ons ry vroeg uit Abu Dhabi en stop vir die gebruiklike koffie... en hou duim vas dat ons die pad gaan kry. Ag ouens, ek weet ek verveel julle dalk oor die beskrywing van die paaie in Dubai, maar glo my, as ek sê dis 'n nagmerrie dan is dit 'n eufemisme.
Die mense gee nie eers vir mens aanwysings nie... hulle gee vir jou 'n landmerk. Die gesprek met die man van die dolfynplek het ongeveer so verloop.... weet jy waat die Hyatt hotel is.... ja, min of meer..., dis aan die agterkant van die hotel... net entjie verder op... o, jinne, ek hoop ek kry dit... ok dan, weet jy waar die Dubai wonderland is? .... nee nie eintlik nie... maar watter kant van die Creek is julle? Abu Dhabi se kant... so, volg Garhoud brug borde maar moenie oor die brug gaan nie... soek die afrit voor die brug. Wat sê die borde? Ek dink dit sê Dubai Creek, maar ook Hyatt, maar vra enige taxi as julle in Dubai is... of enige iemand. Hulle sal julle kan beduie... ja reg... hoe stop mens op die ses baan paaie as jy bv in die middelste baan is en vra 'n taxi aanwysings...
Ag tog... ek sê maar dankie en Sandra besluit sy soek liewer 'n kaart. Die kaarte op die Internet waarsku sommer dadelik dat die kaart dalk nie meer heeltemal reg is nie.. en die kaart gee ook landmerke en blou paaie sonder nommers of name. Mens kan regtig nie uitmaak waar presies die afritte is nie... so ons pak dit maar so aan. Op die Garhoud brug pad sien ons die pad waar ons moet wees aan ons regterkant, maar ons is heeltemal glad nie op daardie pad nie en ons ry oor die brug... soos ons nie veronderstel was om te doen nie, vanwaar ons toe kon sien waarheen ons eintlik moet gaan... so ons maak 'n ingewikkelde "U Turn", want dis nie net vir omdraai nie... die pad terug maak allerhande krulle en draaie voor mens weer oor die brug gaan.... en van die anderkant af kry ons al die borde waarvan die dolfynman gepraat het. Baie verlig met omtrent tien minute voor die vertoning begin spring ek en Nelmari uit om solank in die tou te staan vir kaartjies en Sandra soek parkeerplek. Die tou is vir toegang tot die Dubai Creek park... of Wonderland, nie vir die Dophinarium nie.. Maar ons moet eers deur daardie hek en tou... Die son bak teen 40 grade C en die tou beweeg maar vrekstadig, net om by die man in die hekkamertjie te hoor die kaartjies vir die vertoning is lankal uitverkoop... ja ek weet KAN JY DIT GLO... nou wat?? Ek wil soos 'n kleintjie 'n tantrum gooi, maar dan weet mens mos dit gaan niks help nie. Sandra ry vir ons oor die "floating bridge" en skielik spring Dubai se City Center voor ons in. Ek was 5 jaar laas by die City Centre. Op 'n stadium was dit DIE mall in Dubai... dit was eintlik Dubai.. nou is dit net een van die malls en nie die een hoogste op die lys as mens wil mall crawling doen nie. Sunday, June 1, 2008
Die mense saam met wie ek werk
Die baas wat op die "troon" sit, is die hoof van die Departement Finansies en is een van die aangenaamste mense in die Maatskappy. Hy het die hele atmosfeer van die Department verander van mense wat permanent onder vrees werk na mense wat positief gemotiveerd is om hulle alles te gee. Aan die ander kant van my, is 'n Irakese vrou wat naby 60 is... kan julle dit glo? Sy lyk nie 40 nie. Sy het Bagdad twintig jaar gelede verlaat vir Kanada en toe UAE toe gekom. Sy kry trane in haar oë as sy oor Irak praat en oor wat die oorlog aan haar land en mense gedoen het. Sy kan nooit weer teruggaan nie. Langs haar staan 'n Indiese vrou wat self al by die twintig jaar vir Etisalat werk en baie mense en base gesien kom en gaan het. Sy is 'n unieke Indiër vrou met die sagste hart en een van die min Indiërvroue in die land wat nie lang hare het nie. Maar sy trek so mooi aan. Langs haar is die geduldigste vriendelikste sekretaresse op die aarde... ook 'n Indiër ... met lang lang hare...wat meer as twintig jaar vir baie verskillende base gewerk het. Die mans wat aan die baas se regterhand staan, kom almal van of Indië of Pakistan en het dieselfde kommer oor hulle kinders as ons en wil ook nie dat die kinders in Engeland gaan swot nie, omdat hulle, maar net soos ons, nie seker is of die kinders se waardes sal kan staan teen die aanslae van die liberale nie. Tuesday, May 27, 2008
So bietjie oor my werk
Mens kan sê dat motivering die suurstof, grond en water is wat 'n boom laat groei en dat die boom se takke elke faset van elkeen se lewe voorstel... Uiteindelik dra ons sade en vrugte wat ander voed.. of skade aandoen... sommige sade en vrugte is giftig en sommige takke en blare vol dorings en dinge... en dan het die boom ook kwaste wat vertel van moeilike tye. As die boom skade oorleef, kan so kwas later op sy eie manier ook nuttig wees.Tuesday, May 20, 2008
Alessia
Friday, May 16, 2008
Die honde se dag uit
In plaas daarvan om die hondjies te neem om in die park te gaan stap in die hitte het ons dit goed gedink om hulle see toe te neem om in die lekker louwarm seewater te gaan swem en geswem het hulle... tot ons almal se groot plesier. (Kliek op die pyltjie links om video te sien)
Taffee begin sommer al swem voor sy pootjies water raak en kan hy wikkel...
Didi swem selfs na my toe en die twee is al agter my aan. Wil so graag opgetel word.
Wat is lekkerder as om die sand vir 'n handdoek te gebruik. Ek vermoed die sout is dalk ook 'n lastigheid, maar hulle het elkeen 'n lekker bad gekry terug by die huis, en nee, die swemmery het hlle nie vaak gemaak nie, net honger en daarna was hulle eers vol lewe. Ons sal dit beslis weer doen, maar dalkies moet ek net eers 'n soort plastiek "cover" kry vir F.R.O.G Sy het ook 'n bad na die see uitstappie nodig gehad.

