Thursday, July 10, 2008
Ons gaan stap
Mens kan heerlik stap op die Abu Dhabi cornish... so al met die see langs... pragtig geplavei. Nou is daar ook 'n nuwe Abu Dhabi strand... beach... en ons lees op die borde langs die pad dat die strand geopen gaan word met die langste lint in die wereld. So besluit ons ons wil die nuwe strand gaan sien, want daar is ook glo winkeltjies... koffiewinkels en roomysstalletjies ... klink wonderlik reg met my. Dis baie warm hier ouens.. dit moet ek net eers vertel. Die sewe uur die aand temperature is maklik 40. Dan is die humiditeit ook baie hoog, 90-100%. Net die inligting sodat julle verstaan van die stap.
Sandra stel voor ons parkeer by die Hilton hotel se verste punt... en stap tot by die strand ontwikkeling. Ek meet die afstand so in my gedagtes en dink dis nogals ver, maar ons maak so. Mens kan mos maar omdraai as mens so sou voel. Die ongeluk is dat mens eintlik mos eers op die pad terug voel dat die omdraai dalkies vroeer moes gebeur het. Net so tien minute na ons begin stap het, wil Elriza en Leane hule voete natmaak. Kyk hoe wasem die kamera se lens toe.. Die strand is pragtig ontwikkel. Ek het probeer fotos neem van die sambrele op strand... daar is ook grasperke met nog sambrele...
Die ou fonteine wat nog altyd deel van die cornish was is steeds daar en net so pragtig. Ek weet sommige fotos is nie so duidelik nie maar as dit julle nuuskierig maak is dit goed.
Ek sal moed bymekaar skep om hierdie mooie strand en see waaroor Elriza so sit en uitkyk, in die dag te gaan afneem. 30 mninute nadat ons begin stap het, is ek dood dors. Ek weet daar was altyd vending masjiene met water en koeldrank en om elke nuwe draai dink ek ons sal water kry. Die masjiene is weg... en toe ons uiteindelik die deel bereik waar die winkeltjies is... is dit toe.
Ek kon nie fotos neem nie want teen die tyd wat ons daar gekom het, was dit te donker en ek is nog nie so goed met die kamera nie. Daar is mense binne en in een van die koffiewinkels sit die mense en proe hulle eie koffie... maar nognie vir die publiek nie, ook nie vir dors stappers nie... Ek besef eintlik ek is in die moeilikhied en die terugstap is soos mens altyd die ouens in grappies sien... voel of ons onsself sleep terug na die karre toe. Ek en Riza hardloop mekaar amper disnis om eerste by die waterbottel in die kombuis te wees toe ons twee uur later by die huis kom ... ai wat sal mens nog aan jouself doen?
Sunday, July 6, 2008
Ons verstom ons aan die Moskee
Dis nou so lekker dat mens so apmer naby mekaar bly so ver van die huis af.
Die familie wil graag die moskee sien en ek vind uit dat mens so mooi tussen bidtye kan gaan en ek klim op die internet om die bidtye uit te vind en kom op 'n webwerf af wat vertel van bidtye en kleredrag.
Mens ... veral vrouens, moet goed toe wees... langmoue tot by die polse en lang klere tot op die enkels plus die scarf oor die kop en ek laat Hannes en Lorraine weet, maar daar gekom staan Lorraine en Angela in hulle Abajas. Ek erken hulle amper nie.
En ek en Elriza word ook uitgerus... of toegerus. So onthou maar vir die wat die moskee wil besoek... koop maar jou eie Abaja of wees reg om daar een te dra. Hannes neem fotos en Angela sit haar arm om haar man se lyf... die "poliesman" kom se vir haar ... "no touching... and cover your hair" Angela is heel verlee en kom waarsku ons om ons hare onder die serpe in te kry en ons doen dit maar ewe gehoorsaam. Mens het mos nie lus om in die moeilikheid te wees nie.
Ons verkyk ons nogtans en weereens aan hierdie pragtige plek.
Kyk hierdie soliede glas deur...
die pilare...
marmerinsetsels... die torings en tapyt... die grootste in die wereld wat twee jaar lank deur 1200 Iranese vrouens geweef is en
Alessia het nie 'n saak met enige daarvan nie.. sy kruip op die mat rond... kan julle dink hoe sy eendag vir haar kinders die dinge kan vertel. Of dalk sal ons vertel en sy sal die foto's wys..
Friday, July 4, 2008
Niel verjaar vandag!!
Monday, June 30, 2008
Hannes en Angela is weer bymekaar
Dit was maar 'n lange drie maande so sonder mekaar en Hannes was so opgewonde dat sy meisies moet kom
Hy het die aand voor hy hulle op die lughawe gaan haal het hier oorgeslaap en ons het lekker gesing terwyl hy kitaarspeel... soos lank terug..Saterdag het Hannes Angela gebring vir 'n kuier.
Ek het dit goed gedink om hulle na Al Dafra .. die Arabiese restaurant by die Abu Dhabi port te neem en hulle het dit so mooi gemaak binne dat ek amper gedink het ons is by die verkeerde plek toe ons instap.
Dis altyd 'n heerlike eet-ervaring. Angela was beindruk met die smaak van die Arabiese kosse. Na die ete het ek vir Angela gaan wys waar die "eetboot" vasgemeer staan en sy vra ons moet haar net waarsku voor ons haar op die boot neem dat sy kan pille drink vir seesiek raak. Ek dink dis 'n goeie idee... veral as eet eintlik die hoofding vir die "bootreis" is.
Die "eetboot" is 'n Al Dafra restaurant op die water met dieselfde tipe kosse. Ons sal nog eendag gaan ... dink ek. Die boot gaan eers laat uit... iets soos agtuur of nege uur die aand. Dis mos nie 'n goeie tyd vir aaandete nie?? Welkom in die UAE Angela en Alessia. Ons is bly julle is hier.
Friday, June 27, 2008
Mooie meisies
As ek skryf oor die diereseuns, dan moet ek ook vertel van ons mensemeisies.
Elma stuur die mooi foto van Amica, Ilke en Xenia an kyk net hoe groot word Xeni. Sy kruip en begin praat. Voeltjies is tjies-ties en sy kan Tikkie se... dis die groot hond se naam. Sy se ook Dadda.. En het sy nie die mooiste twee ousussies nie. Elma se die oumading is WONDERLIK... ek glo haar en ek is so jaloers.
Intussen geniet ek klein Alessia wat nou saam met mamma Angela gekom het om by Hannes, wat al van einde Maart hier is, aan te sluit.
Sy speel peek a boo en het vir haarself 'n sleutelspeletjie ontwerp. Sy maak so bromgeluidjie as sy die sleutel in haar hand het, dan laat sy dit val en bly tjoepstil... dan kom die handjie in die lug.. regte Italiaanse gebaar en mens kan haar stukkend druk.
Hannes laai haar in die kar en sy maak seker haar ma kom ook.
Ek hou so lekker vas aan die babalyfie. SOOO lekker om sulke ou kleintjies in die familie te he.
Elma stuur die mooi foto van Amica, Ilke en Xenia an kyk net hoe groot word Xeni. Sy kruip en begin praat. Voeltjies is tjies-ties en sy kan Tikkie se... dis die groot hond se naam. Sy se ook Dadda.. En het sy nie die mooiste twee ousussies nie. Elma se die oumading is WONDERLIK... ek glo haar en ek is so jaloers.Tuesday, June 24, 2008
Dis jou verjaasdag!!
Liefde
Mam
Vir almal... Riza het sommer al haar eerste kersie doodgeblaas by die Noodle House. So voor verjaarsdag enetjie.
Friday, June 20, 2008
En wat van die diere seuns hier in Abu Dhabi?
Ek en die diere seuns het 'n wonderlike tyd saam hier en ons geniet mekaar vreeslik.
Dee drink steeds sy koffie uit die kraan.
Didi en Taffee speel in die sonnetjie voor die venster.
Dee slaap op die kussing en die ander twee by my in die bed.
Ek besluit dis tyd om Didi en Taffee te laat reg maak en is skoon hartseer dat hulle die aand voor die tyd so vrolik is en speel ... Didi, het julle mos gelees se Riza, is 'n skaam enetjie.
Hier is die twee uitgespeel en elkeen kry 'n slaapplek .. Ek het die twee gister oggend veearts toe geneem met so seer hart en bietjie skuldgevoelens. Hulle gaan nie net gesteriliseer word nie, maar ook tande trek. Altwee het 'n melktand of twee wat nie uitgval het nie en dit moet ook uit en terwyl hulle slaap, gaan die toonnaeltjies ook sommer geknip word.
Alles verloop baie goed maar die veearts se as hulle lek moet hulle "lampskerms" kry. Veral Taffee moet net lek en ek keer, maar besef ek sal nie dwarsdeur die nag kan keer nie... so terug veearts toe. Dee verstaan glad nie wat ek met hulle aangevang het nie...
Ai ouens.. kan hierdie gesig nie mens se hart breek nie... Ek het toe maar die skerms weer afgehaal dat hulle kan eet... sagte kos vir so paar dae tot die bekkies beter is, maar Taffee begrawe die sagte kos onder sy kombers en seer bek of te nie... eet hy sy pellets. Ag oor twee of drie dae is alles vergete... ek is seker.. ek sal laat weet. Anders pak hulle dalkies hulle tasse en gaan saam met Riza terug huis toe..:--)
Subscribe to:
Posts (Atom)

