Hy word nogtans beskou as die Arabiese weergawe van die Italianer Marco Polo en was belangrik genoeg dat 'n krater op die maan na hom vermoem is, en natuurlik 'n mall in Dubai.
Een van die boeke wat Battuta geskryf het heet: " A Gift To Those Who Contemplate The Wonders Of Cities And The Marvels Of Travelling"
In die Egipte mall is hierdie Ibn's besig om sterre te kyk... dink ek. ??
Dis hoe mens voel as jy die mall besoek. Oral in die mall is die belangrike Ibn's van die verskillende lande. Ek het fotos van 'n paar en is nou nuuskierig genoeg om terug te gaan mall toe en te gaan soek na wie wat gedoen het om 'n volgende keer vir julle te vertel.
Die idee van die mall is dat mens soos Ibn Battuta deur die verkillende lande "reis"... en glo my... mens LOOP... Dis baie ver van China af Andulusië toe, want mens loop ook deur
Indië
Persië
Egipte
Tunisië
en AndulusiëMens kan 'n paar stoppe maak vir koffie langs die pad en teen die tyd dat mens in Tunisië kom, is dit "aand". Dan eet mens allerhande goed wat mens ook eintlik nie mag nie, maar die energie is nodig, vir die terugreis tot in China waar die kar geparkeer is. Die laaste draaitjie is in Andulisië. Dis waar mens dan ook weer geld trek....










































