Dit is Niël se laaste oggend hier in Abu Dhabi en terwyl hy regmaak om op die vliegtuig te klim later vandag, deel ek een van ons Abu Dhabi winteraande met julle. Daar is nog 'n paar stories en foto's wat ek sal plaas al is Niël dan al weer terug in Johannesburg. Ons eintlike plan was om iets te koop om te eet in die park langs die cornish en dan 'n end langs die see af te stap.
Maar as mens partykeer 'n halfuur lank om en om 'n plek gery en parkeerplek gesoek het en dan vasgevang raak in verwonderling oor al die duur en mooi goeters as mens 'n toilet gaan soek in 'n soort luukse uithang winkel vir die rykes onder die woonstelblok langs Pizza hut, dan voel mens amper asof jy genoeg "fun" gehad het vir een dag.
Ek het foto's geneem van hoe die son ondergaan. Kyk hoe mooi is die lug en hoe weerkaats die son se goue strale van hierdie gebou langs die cornish.
Dit lyk of daar 'n vuur brand in die middel van die fontein.... en eendag as ek groot is en meer soos 'n regte fotograaf met die kamera om my nek kan loop, dan wil ek 'n kamera hê wat die waterdruppels kan vasvang. Intussen moet mens maar verbeeling ook gebruik.
Niël het al ons kos mooi uitgepak en ons is reg vir die fees. Ons het toe nie langs die cornish afgestap nie, maar huis toe gegaan vir 'n lekker koppie tee en 'n mooi dvd. Lief julle almal...

Abu Dhabi cornish...
Baie lekker, vol, taai en opwindende afsluiting van die jaar 2007. 

Ons is by die Al Ain museum en fort ook in en in teenstelling met die gras en plaveisel in die paleis musem, is hier nog regtig sand soos dit moes wees. 

Die ou loop om die kameelhokke en beduie van "baby one"... ek sien die ou babatjie by sy/haar mamma lê. 