In hierdie tye sal mens 'n konstruksie perseel sien die een dag en 'n maand of so later, staan daar 'n gebou. Toe vind ons uit dat daar nou besoekers toegelaat word en ons spring in ons sheilas. Ons moet lang mou lang rokke/rompe dra en al ons hare moet bedek wees en dan natuurlik kaalvoet... Maar dis reg. Niël was net so opgewonde om die moskee van nader te gaan bekyk, maar jinne ouens, niks kon ons voorberei op wat vir ons gewag het nie.
Hierdie is die baie indrukwekkende ingang en geen manier om 'n foto te neem wat alles inpas nie. Elke sentimeter van die moskee is met marmer bedek.
Daar is marmer blomme ingelê in die mosaïek en marmer op die vloere... of die binnehof dan.
Daar is ook reliëfwerk teen die mure en hierdie pragtige pilare met die blommetjies wat in die pilaar ingelê is.
Die mat in die hoof bidlokaal, beslaan twee rugbyvelde en is die grootste ter wêreld.
Daar is 'n paar van hierdie reuse kandelare en dis heeltemal onmoontlik om dit in 'n foto vas te vang. Dit is net eenvoudig onbeskryflik.
Die houtpanele is hier en daar teen van die mure en sal dalk ook simboliek hê en die blomme wat in die houtpaneel ingelê is, is perlemoen.
In die middel van die hoofbidlokaal is kolomme pilare wat so vier vier bymekaar staan 

Die mense is steeds besig om die mosiëk in die binnehof te lê.
En buite is die tuine onder konstruksie. Sandra se navorsing sê dat 40,000 mense in die binnehof geakommodeer kan word en 5000 in die hoofbidlokaal... wow!! Klik op die link na Sandra se blog. Sy het 'n klomp baie interessante statistiek oor die moskee.
Die gedagtes wat by my opgekom het is dat ons as Christene nogal nie sulke kerke meer bou nie. Dawid wou so graag vir God 'n tempel bou om Hom te eer en onthou God se antwoord? Die aarde is die voetbank van sy voete. Hoe sal ons vir Hom 'n huis kan bou..... maar as ons as mense instaat is om soveel prag en praal te skep op aarde dink net hoe die stad van goud, die nuwe Jerusalem sal wees!
Maar as mens partykeer 'n halfuur lank om en om 'n plek gery en parkeerplek gesoek het en dan vasgevang raak in verwonderling oor al die duur en mooi goeters as mens 'n toilet gaan soek in 'n soort luukse uithang winkel vir die rykes onder die woonstelblok langs Pizza hut, dan voel mens amper asof jy genoeg "fun" gehad het vir een dag.
Ek het foto's geneem van hoe die son ondergaan. Kyk hoe mooi is die lug en hoe weerkaats die son se goue strale van hierdie gebou langs die cornish.
Dit lyk of daar 'n vuur brand in die middel van die fontein.... en eendag as ek groot is en meer soos 'n regte fotograaf met die kamera om my nek kan loop, dan wil ek 'n kamera hê wat die waterdruppels kan vasvang. Intussen moet mens maar verbeeling ook gebruik.
Niël het al ons kos mooi uitgepak en ons is reg vir die fees. Ons het toe nie langs die cornish afgestap nie, maar huis toe gegaan vir 'n lekker koppie tee en 'n mooi dvd. Lief julle almal... 





Abu Dhabi cornish...
Baie lekker, vol, taai en opwindende afsluiting van die jaar 2007. 








Ons is by die Al Ain museum en fort ook in en in teenstelling met die gras en plaveisel in die paleis musem, is hier nog regtig sand soos dit moes wees. 







