'n Ongelooflike talentvolle vrou... Sien die prentjie.... dogtertjies met bont dogtertjie rokkies aan huppel tussen 'n klomp blommetjies deur wat vooroorgebuig sit met hulle blomgesiggies op hulle skote. Die kindertjies buk by elke blommetjie en huppel dan verder terwyl hulle sing:Dis lentetyd kom uit kom uit liewe kleine blommetjies. Dit duur so lank en ons is bang jul kom nie kleine blommetjies.
Dan lig die blommeties hulle koppies op en sing:
Ons kom ons kom wees nie so dom liewe kleine kindertjies. Dis nie meer lank en ons kom aan... ons kom tog kleine kindertjies.
Dan eindig die storie waar die dogtertjies en blommetjies handjies vat en saam huppel en sing dat die lente met ons is... oulik ne? Ek wonder of daar iemand is wat hierdie blog lees wat ook daarvan onthou. Ek was 'n blommetjie met sulke groen kleertjies aan en blomblaartjie om my gesig wat met 'n rekkie agter my kop vasgemaak het en my hare so getrek het...Ek onthou ook die revue vir van die ouer kinders... wou so graag groot wees, want hulle het 'n hen en eiers en meel en melk en ek weet nie wat alles gehad nie en die hennetjie sing... kekeleke kekeleke ek het 'n eier geleeeee ens ens... en dan sing die koei en die hen en die koringaar elkeen hulle eie liedjie en dit kan ek ongelukkig nie meer onthou nie, maar op die ou end sing hulle ook almal saam.... is dit wat jul wil he om soetkoek van te bak, neem dit met jul gemak tralalalalalala :-0 .... kan mens nie maar weer klein wees nie?
Sy het 'n paar jaar terug vir haar man vir sy verjaarsdag agt Mercedes' e gegee.... AGT... spesiaal vir hom laat maak. Ja ek weet... ek
en die enorme aarbol karavaan... wat sou hy gedink het... Die karavaan het blykbaar agt kamers.. en die trok het met die karavaan tot daar by die museum gery. Wat my nog meer fassineer van die Reenboog sheikh is dat die Arabiere nie individualiteit aanmoedig nie. Almal dra dieselfde wit rokke en hoofbedekkings en moenie my verkeerd verstaaan nie, hulle is erg trots daaarop, maar dis dieselfde en hulle se ook dat dit is om ongelykhede uit te skakel. So sal julle met my saamstem dat dit geen klein dingetjie is om so absoluut anders te wees nie. Die kersie op die koek is dat die Sheikh nie 'n sent toegang vra om na die versameling te kyk nie.

