Friday, October 19, 2007
Oop ogies
Thursday, October 18, 2007
Om vir Dee 'n pilletjie te gee
Maar so het ek hom verlede week weer by die veearts en ons praat oor die medikasie. Ek vertel hom dat Dee my haat as ek vir hom medisyne gee, en hy gee vir Dee lewergegeurde pilletjies wat veronderstel is om "smaaklik" te wees. Maar ek vermoed dis omtrent so smaaklik soos die koubare Vit C wat mens se kiewe vir 'n week op 'n knop trek.
Ek het een keer pille by die ander veearts gekry vir Dee. Ek het my ook moeg gesukkel om dit vir hom in te gee en eendag sit ek dit op die kombuiskas neer en Dee spring op en EET dit...so, ek sit die pilletjie ewe hoopvol vir Dee op die kas neer en hy lek nogal daaraan. Sal dit nou nie gaaf wees as hy die piletjie eet nie, dink ek, maar die hoop beskaam..
Plan nr 2. Ek vou Dee in 'n handoek toe en sukkel vreeslik om sy bekkie oop te kry, en ek kry dit soortvan reg, en gooi die pilletjie in sy keel af. Hy spring af en laat 'n bloedsteep op my arm... die pilletjie lê op die bank. Ek probeer weer... nou is daar 'n bloedstreep oor die ander arm en die pilletjie is sopnat en lê weer op die bank.
Plan nr vyf: Sandra kom iets haal en ek gee vir haar tee en Dee en die handdoek en die pilletjie. Sy tel Dee op, draai hom toe, maak sy bekkie oop en gooi die pilletjie agter in sy keel en siedaar... en Dee het stilstuipe. Hy steur hom nie aan ons nie en gewoonlik is hy nogal baie prominent deel van die geselskap.
Teen die aand hoop ek alles is vergete, maar Dee gaan lê in die hoekie op die bank en nie bo op my soos gewoonlik nie. Selfs toe ek bed toe gaan steur hy hom nie. En vir twee dae eet Dee NIKS. En hoekom kommer ek daaroor? Want die veearts sê hy het 'n halwe kg verloor die afgelope jaar en ek moet hom bederf dat hy dit kan optel... waarmee? Hy eet nie sagte kos nie en nou wil hy nie meer droeëwors hê nie. En Riza waarmee gaan ons hom nou uit jou kamer lok? Wednesday, October 10, 2007
Baba honde seuntjies
Monday, October 8, 2007
Pappas en babas, ooms, tannies, en sussies
maar hier is die klein pop by haar tannie Erika en pappa Andre
En hier is ons klein Alessia.... en soos haar naam sê is sy besig om almal se harte te wen.
Hier is sy saam met haar pappa
en oom Sean... en vas aan die slaap.. en met oop ogies vol verwondering. Lorraine sê sy kan nie daar wegbly nie en Niël sê sy het haartjies swart soos roet en 'n mondjie rooi soos bloed... ons eie klein Sneeuwitjie.. of Sleeping Beauty. Nes ons wil. Hier is 'n bederf video'tjie wat ek van Lorraine gekry het. Wat sal ons sê? Alessia begin vroeg oefen om te kruip... een beentjie werk mooi saam, die ander voetjie klou vir die vale...
Geniet die klein mensies en die vreugde wat hulle bring.
Lief julle almalFriday, October 5, 2007
Wanneer geen nuus nie goeie nuus is nie
Ek praat met Wiehann want die man is stil, en besig om sy bes te doen om sy doelwit vir die maand te bereik. Dit is 'n nuwe area en dit nie so maklik nie. En naweke wil mens mos ontspan.
Ek hoor nie van Niël so gereeld soos ek wil nie, want hy reis vir werk. Baie spanning omdat die Unisa kuns lê en wag by die huis, en wanneer rus mens.Hannes ek sou so graag meer van julle ook wou hoor. Ek weet daar is spanning oor die werk saam met die heerlike besig wees van 'n baba in die huis.
Lorraine is besig met ma se woonstel en Roxanne skryf matriek eksamen en die spanning kan maar hoog loop. Julle is so in my gedagtes
Elma stuur nie haar gereelde weeklikse briefie en nuus nie, want haar vriendin se man is dood en sy gaan ondersteun by die begrafnis.
Adelle skryf nie want sy het 'n operasie gehad. Ek dink aan jou Adelle.
Ina is siek en al die mails wat ek stuur kom terug met daardie boodskap. Ek weet nie of jy die blog lees nie Ina, maar ek dink aan jou en bid vir jou.
Hoef ek meer te sê?Maar Elma het vir my die mooi mail gestuur en ek deel dit graag met julle almal.
One day a mother died. And on that clear, cold morning, in the warmth of her bedroom, the daughter was struck with the pain of learning that sometimes there isn't any more. No more hugs, no more lucky moments to celebrate together, no more phone calls just to chat, No more "just one minute." Sometimes, what we care about the most goes away. never to return before we can say good-bye, Say "I Love You." So while we have it . . it's best we love it . . And care for it and fix it when it's broken and take good care of it when it's sick. This is true for marriage .... and friendships .. And children with bad report cards; And dogs with bad hips; And aging parents and grandparents We keep them because they are worth it, Because we cherish them! Some things we keep -- like a best friend who moved away or a classmate we grew up with. There are just some things that make us happy, No matter what. Life is important, and so are the people we know . And so, we keep them close!
DJ het eenkeer 'n mail gestuur wat sê "if the Devil can't make you bad, he will make you busy". Soms moet ons maar net "time out" neem, want dit kom nie na ons toe nie, gaan sit en kontak maak en iemand se hand vat, dan is die pad nie so moeilik en alleen nie.
Lief julle almal
Thursday, October 4, 2007
Jy is 50!!!!
Baie geluk met jou 50ste verjaarsdag my sus. Ek hoop die volgende half eeu gaan vol heerlike verassings en vreugde wees. Mag jy Vader se vrede elke dag ervaar en daar 'n lig op jou pad skyn. Hê 'n wonderlike dag!!
Baie liefde
Jou Sus
Monday, October 1, 2007
Babas!!
Toe Pete van die hospitaal af kom nadat hy die foon vir DJ geneem het, wou almal weet hoe dit met hom gaan en Pete sê vir Eunice "DJ is having babies". Die tweeling het dadelik die konneksie gemaak van babas en hospitaal, want hulle mamma gaan ook 'n baba hê en was baie opgewonde om vir DJ in die hospitaal te gaan kuier om die babas te gaan sien... :-) Ek hoop DJ het toe vir hulle foto's kon wys. Ek wil graag wil hoor wat die twee manne gesê het.
Na omtrent nog 45 minute kom nommer twee, koppie eerste. Hy het baie wit oor die lyfie en 'n kolletjie op sy kop. Die mamma hanteer die kleintjies baie goed en die twee boeties lê styf teen mekaar teen Beth se lyfie. Nr drie is oppad. Daar gebeur niks vir 'n hele lang ruk... te lank... die kleintjie sit vas en Riza moet help. Dis nog 'n reuntjie, maar hy is dood. Groot hartseer en trane, maar DJ ondersteun en Riza kan nie nou ingee nie want nr vier is oppad.
Weer voetjie eerste, hy skop en Riza gee kans dat Beth haar werk doen, maar dit neem te lank en die voetjie skop nie meer nie... Riza moet help en dis nog 'n reuntjie, maar hy lê doodstil. DJ gee raad en ondersteun en Riza vryf en daar is 'n skree... hy leef.
'n Baie moeë mamma Beth neem oor en doen haar lekwerk. Riza sorg dat die laaste van die nageboortes uit is en maak seker Beth en die kleintjies is rustig. Dis meer as vyf ure later.
Die storie is nog nie klaar nie want toe ek gister oggend "inloer", hoor ek dat mamma Beth en aldrie kleintjies by Riza op die bed geslaap het... kan jy nou meer


