Die ou loop om die kameelhokke en beduie van "baby one"... ek sien die ou babatjie by sy/haar mamma lê. 
Die ou beduie ek moet staan en mik met die kamera... dan halt hy en die volgende oomblik het ek die lap hoed ding op my kop. Te laat om te kommer oor kruipende gediertes wat in die voue mag skuil.. ek probeer glimlag.

Annie kom by en die ander gids plak sy doekhoed op haar kop. Dit lyk of sy onder die kopdoek wil uitsmelt :-).

Nou is daar twee van die gidse, maar ek neem beheer van my kamera en neem die twee vriendelike kamele van Saudi af. So sê die gids, maar op 'n stadium beduie hy weer na die hokke en die kamele kom van Oman, of Kuwait.. die ander gids sê vir my... Saudi. Maar die punt is, die twee het nader gekom en toegelaat dat ons aan hulle raak. Hulle het die sagste neuse en mooiste oë..

Daar is ook hokke vol baie jong kamele. Die jonges begin verkoop vir Dhs 2000 en dan gaan dit op van Dhs 5000 vir 'n volwasse kameel tot 3 miljoen. Ek dink nie mens koop maklik laasgenoemde by die souk nie, maar wie weet. Die gidse kos ons toe Dhs 80 saam... ai tog, sal ek nooit leer nie.
Ek hoop dis 'n wonderlike dag vol heerlike vreugde en vrede en dat dit die hele jaar by jou sal bly.
Die winkels is vol kersversierings en mens kan kersbome en kerskaartjies koop en alles. 



Na vyf jaar kon ek weer heerlik saam met Neels en Jandre en kinders kuier. Wiehann het skaaptjops en varkribbetjie en wors gebraai vir ons en met mengelsaai en vrugteslaai en PAP en sous, was dit 'n heerlike SA kuier. Ons kan vrugeslaai maak hier, maar dis baie duur en dan smaak die mangos nie soos die wat van Natal of Nelspruit af kom nie. Ek koop eendag 'n piesang met 'n skil so taai mens moet dit omtrent afbytel... en toe is die piesang hard en frank... galbitter, net om uit te vind dis 'n Indiese piesang wat eintlik gebak moet word. 'n Ander dag het ek vir 'n appel uit die USA Dhs 6 betaal... een appel!! Dis so R11. Selfs groente is duur in die land. Dit hang af of mens "local" groentes koop, of groente uit Indië, of Holland, of USA of Lebanon of Suid Afrika. Soms, net soms... kry mens selfs gem sqaush.

